DA verwelkom nóg lede van die PA

Issued by Tertuis Simmers – DA Provinsiale Leier, Wes-Kaap
03 Jun 2022 in Press Statements

Die DA in Witzenberg het vroeër die week nóg drie prominente lede van die Patriotic Alliance (PA) verwelkom.

DA kiesafdelingshoof in Witzenberg, Wendy Kaizer-Philander, sê dat mense die DA-verskil in landelike gebiede kan sien en dan tot die besef kom dat die DA die enigiste party is wat werklik verandering bring in mense se lewens. Die nuwe lede, Neville Jansen, Daniel Malan en Petrus Janses het dus besluit dat hulle deel wil wees van ‘n span wat Witzenberg daadwerklik vorentoe sal neem.

Tertuis Simmers, DA Leier in die Wes-Kaap, sê dat dit heel ironies is dat ons die nuwe lede in die donker moes ontvang, tydens beurtkrag. “Dit is ‘n konkrete voorbeeld waarom meer mense die DA verkies. Ons bied die enigste alternatief téén die ANC en sy onbekwame staatsinstansies. In Stellenbosch en Kaapstad sien kiesers dat die DA beduidende vordering maak waar ons regeer en hard werk om die mense vry te maak van die las wat ANC instansies soos Eskom is.”

Simmers en Kaizer-Philander het die lede hartelik verwelkom en het ook die plaaslike, streeks- en provinsiale DA-leierskap bedank vir die goeie werk wat hulle doen om die DA te bevorder in die area en dit as die enigste baken van hoop daarstel.

Simmers voer verder aan dat die DA ‘n diverse party is wat enigeen sal verwelkom wat ons waardes deel, maar ook die groter prentjie in ag neem – en dit is dat die DA Suid-Afrika ‘n beter plek vir almal wil maak.

“Ons sien uit om die pad saam met ons nuwe lede te stap, en diegene wat nog sal bykom. Die DA is die enigste party met ‘n skoon rekord van dienslewering en saam sal ons Witzenberg nog beter maak,” het Philander ter afsluiting gesê.


DA welcomes more members of the PA

The DA in Witzenberg welcomed three more prominent members of the Patriotic Alliance (PA) earlier this week.

DA Constituency Head in Witzenberg, Wendy Kaizer-Philander, says that people can see the DA difference in rural areas and then come to the realization that the DA is the only party that really brings change in people’s lives. The new members, Neville Jansen, Daniel Malan and Petrus Janses, have therefore decided that they want to be part of a team that will actively take Witzenberg forward.

Tertuis Simmers, DA Leader in the Western Cape, says that it is very ironic that we had to receive the new members in the dark, during load shedding. “It was a concrete example of why more people prefer the DA. We offer the only alternative against the ANC and its incompetent state institutions. In Stellenbosch and Cape Town, voters can see that the DA is making significant progress where we govern and that we work hard to free the people from the burden of ANC institutions like Eskom.”

Simmers and Kaizer-Philander warmly welcomed the members and also thanked the local DA leadership for the good work they are doing to promote the DA in the area.

Simmers further claims that “the DA is a diverse party that will welcome anyone who shares our values, but also takes the bigger picture into account. And that is that the DA wants to make South Africa a better place for everyone.”

“We look forward to working with our new members, and those who will be joining in future. The DA is the only party with a clean record of service delivery and together we will make Witzenberg even better,” Philander concluded.